Tuis
Ons beliggaam vennootskap.
orangeglobal is ’n hoogs gespesialiseerde, onafhanklike
gesondheidsorgdiensverskaffer
wat geïntegreerde dienste verskaf vir alle prosesse en werksvloei op die gebied van
- gesondheidsorg
- lewenswetenskappe
- tegnologie van mediese toestelle
wat verband hou met internasionale markte, veeltalige oplossings, IT-toepassings en nuwe uitkontraktering.
Is u tans op soek na ’n vennoot om u dringend met projekbestuur by te staan?
As projekbestuurder besef u dat u verskeie projekte aan ’n betroubare en geloofwaardige vennoot moet oorhandig ten einde die toenemende druk te oorleef en om gehalte in die kerngebied van u bevoegdheid te behou.
As besluitnemer is dit u plig om bestaande hulpbronne toepaslik te gebruik en om nuwe hulpbronne vry te stel. U moet die sakeproses meer vaartbelyn, vinniger en meer koste-effektief maak. U soek na ’n vennoot wat aktief betrokke is.
Ons beskou onsself nie as konsultante nie, maar beliggaam ’n vennootskap. U vertrou ons met ’n verantwoordelikheid in kritieke prosesse in u besigheid en verlaag sodoende koste. Ons neem u prosesse effektief en doeltreffend oor en verbeter dit met individuele oplossings.
Welkom by orangeglobal
Ons bied graag deur ons webwerf ’n instrument aan u waardeur u vars inligting en moontlik pasklaar oplossings (dienste) kan bekom wat u in ’n modulêre vorm of as ’n hele proses vir u behoeftes kan saamstel.
Soos wat u besonderhede oor ons maatskappy en ons filosofie bekom, sal u uitvind waarom ons die beste vennoot vir u is. U sal ook besef waarom u ons met kritieke prosesse in u besigheid kan vertrou en wat u ekonomiese voordeel kan wees.
Gesels met ons en maak hierdie webwerf ’n interaktiewe instrument.
