Maatskappyprofiel
mpü – bestuur van vertaling en lokalisering met die optimum balans van gehalte, aflewertyd en prys
op die gebied van gesondheidsorg, geneeskunde, farmaseutika, chemie, tegnologie van mediese toestelle, lewenswetenskappe, biotegnologie, nanobiotegnologie, inligtingstegnologie en fisika.
Wetenskaplike kommunikasie hou verantwoordelikheid in
As ’n maatskappy wat taaldienste vir gesondheidsorg, lewenswetenskappe en tegnologie van mediese toestelle verskaf, is mpü vir dekades reeds ’n dryfkrag agter die gebruik van wetenskaplike taalkundiges.
Slegs opgeleide spesialiste soos dokters, farmakoloë, aptekers, chemici, biochemici, patoloë, bioloë, mediese tegnoloë, rekenaarwetenskaplikes en fisici wat vanweë hulle aktiewe betrokkenheid in hulle spesialiteitsgebied elke fyn nuanse van elke woord verstaan, kan oortuigende vertalings van gehalte lewer.
hierdie filosofie grondves mpü en het wêreldwyd vertroue ingeboesem.
Standaarde van hoogste gehalte
Deur samewerking op die hoogste vlak met universiteite regoor die wêreld en die volgehoue soeke na nuwe gekwalifiseerde wetenskaplike vennote en taalkundiges bied ons ’n optimale en erkende standaard van gehalte aan ons kliënte.
Spoed en aflewering
Net-betydsaflewering en uitsonderlike buigsaamheid in omkeertyd kenmerk ons sukses (100 bladsye in 2 dae is nie ongewoon vir mpü nie).
Taal, tegnologie en andere
Bykomend tot die mp4-vertaalproses met die jongste vertaal- en kommunikasietegnologie, rond mpü hulle tegniese dienste af met die nuutste tegnologie van veeltalige lessenaarsetwerk (DTP) in alle formate - ons verskaf alle tale met enige uitleg in enige verlangde formaat tot op die reproduksie- of drukstadium.

